Reuben Riffel se resep – die perfekte geskenk vir ʼn kosliefhebber. (Maak 1 – 2 flessies) 4 k rabarber of kersies, gekap 2 k aarbeie of frambose, gekap ½ k piesang, gekap sap en skil van 1 suurlemoen 2½ k ligte bruinsuiker 2 vanieljepeule, oopgesny en sade uitgekrap 2 e brandewyn Begin deur die rabarber, aarbeie, piesang, suurlemoensap en suurlemoenskil in ʼn pot saam te kook vir 4 – 5 minute. Voeg die suiker en vanielje by en kook 15 tot 20 minute oor medium hitte (roer aanhoudend). As die mengsel die agterkant van jou lepel bedek, is dit reg. Roer dan die brandewyn by. Skep die verkoelde mengsel in ʼn gesteriliseerde fles en bêre in die yskas.