Pages

Wednesday, 12 August 2020

Ingemaakte Patat slaai

 Madeleine Bezuidenhout shared on FB:


Ek deel die resep by buurvrou gekry...bron onbekend.

PATATSLAAI
Lekker saam met enige dis.
1 kg patats in blokkies gesn
1 klein blikkie ingelegde perskes in stukkies gesny soos patat. (410 gram)
1 koppie Suiker
125 ml wit asyn
2 Eetlepels Appelkoos konfyt
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepl fyn sout
1 koppie vars lemoensap
2 Eetlepels Maizena
Kook die patatblokkie net tot gaar en dreineer.
Voeg die perske blokkies by.
Plaas die perske sous, asyn, gemmer, sout en appelkooskonfyt in 'n kastrol en verhit totdat suiker opgelos is.
Voeg by patats en perskes en kook deur.
Los 2 eetlepels Maizen op in koppie lemoensap op en voeg patats en perskes en kook deur.
Bottel dit warm en laat onderste bo afkoel.

BRON:
Beulagh Lombard
- Warm Kombuis (foto en resep krediet)
Bron/Source Willie Nieuwoudt/Hutspot Resepte
Repost Kaalvoet/Barefoot Chef