Pages

Thursday 30 April 2015

samoesa pasteitjies



samoesa pasteitjies
Maak 12 pasteitjies
Bereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute

VULSEL
15 ml (1 e) olie
500 g beesmaalvleis
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) brandrissiepoeier
5 ml (1 t) fyngedrukte knoffel
5 ml (1 t) fyngedrukte gemmer
2 ml (½ t) borrie
½ bossie koljanderblare, gekap
2 uie, gekap
DEEG
750 ml (3 k) koekmeel
knippie borrie
2 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) koue water
5 ml (1 t) asyn
olie, vir diepbraai
  1. VULSEL Verhit die olie en braai die maalvleis effens.
  2. Voeg die res van die vulselbestanddele by en roerbraai tot gaar.
  3. DEEG Sif die droë bestanddele saam.
  4. Meng die water en asyn saam en voeg geleidelik by die droë bestanddele. Meng tot ’n stywe deeg vorm. Verdeel die deeg in 12 balletjies en rol elkeen in ’n plat sirkel uit.
  5. Skep ’n lepel vol vulsel in die middel van elke deegsirkel.
  6. Verf die kante met water en bring die deeg bymekaar om ’n balletjie te vorm. Herhaal met al die deeg en die res van die vulsel.
  7. Verhit genoeg olie vir diepvetbraai en braai die deegballetjies tot goudbruin en gaar.
  8. Dreineer op kombuispapier en sit warm voor met blatjang indien verkies.