Pages
▼
Tuesday, 4 November 2014
Salmkoekies
Salmkoekies
1 groot blik (415 g) salm, goed gedreineer
2 aartappels, gaar gekook en goed fyn gedruk
15 ml gekapte pietersielie
15 ml suurlemoensap
½ ui, gerasper
15 ml mayonnaise
15 ml koekmeel
2 agurkies, fyn gerasper
2 eiers
Sout en swartpeper na smaak
‘n bietjie koekmeelblom of droë broodkrummels om in te rol
Olie, vir braai
Meng die salm, aartappel, pietersielie, suurlemoensap, ui, mayonnaise, koekmeel en agurkie goed saam. Klits die een eier saam met die sout en peper en meng dit met die vismengsel. Verkoel vir ongeveer 20 minute. Vorm nou die koekies soos frikkadelle in jou hand en druk hulle effens plat. Klits die ander eier en rol elke viskoekie daarin en dan in die koekmeel of droë broodkrummels. Verkoel weer vir 10-20 minute. Braai in vlak, warm olie tot goudbruin aan albei kante en deurgaar. Dreineer en sit voor met slaai en ‘n kruie-mayonnaise of met groente. Lewer 6 groot salmkoekies.