Pages

Monday 10 November 2014

Oondgeroosterde worsies met geurige tamaties




Oondgeroosterde worsies met geurige tamaties
 Genoeg vir 4
 12 klein lamsworsies
 6 knoffelhuisies, geskil en gesny
 2 rooi uie, in wiggies gesny
 sout en gemaalde swartpeper
 olyf- of avokado-olie om oor te gooi
 2 hande vol kersietamaties aan die stingel
 45 ml (3 e) balsemiekasyn
 ¼ ciabatta-brood, in stukkies geskeur
 hand vol basiliekruidblare
 Verhit die oond tot 180 °C.
 1. Sit die worsies, knoffel en uie in ‘n diep roosterbak. Sprinkel olie oor en rooster vir 15 min.
 2. Voeg die tamaties, asyn en ciabatta-stukke by en rooster vir nog 15 min. tot goudbruin en krakerig.
 3. Strooi die basiliekruidblare oor en smul.