Pages

Tuesday, 18 November 2014

My Duitse VRUGTE- koek resep




Nelia Coetzee
 
My Duitse VRUGTE- koek resep.
OOND: 180*
1t vanilla essence
1 kop heel kersies
1/2 kop ingelegde heel groen vye opgesny...
1/4 kop versuikerde gemmer opgesny
1/2 kop gekapte dadels
1/4 kop lemoen skil stukkies

1/2 kop versuikerde pynappel stukke gesny
80 ml suiker
170 ml botter
175ml stroop
175ml melk
1 kop neute
330gr Bruismeel
1-2 eetlepels brandewyn
1t bakpoeier
1t koeksoda
1/2 t sout
2 eiers geklits
Plaas eerste 12 bestanddele in kastrol en verhit tot suiker oplos. Verwyder van hitte en roer melk by. Voeg brandewyn by. Sif droë droë bestanddele saam, en maak holte in middel - voeg nou vrugte mengsel by meel. Roer deur, en voeg nou geklitste eier by. Skep in uitgevoerde koekpan 22-24 cm. bak vir +- 50 min @ 180 grade.