Pages

Thursday, 13 November 2014

BEESVLEISPAKKIES MET AVOKADO SALSA




BEESVLEISPAKKIES MET AVOKADO SALSA

Jy benodig
2 ryp avokados, in blokkies gesny
16 jong tamaties, gekap
1/2 ui, fyngekap
3/4 kp vars korianderblare, gekap
3 eetlpl suurlemoensap
2 eetlpl olyfolie
seesout
grofgemaalde swartpeper
500 g gemaalde beesvleis
1 blikkie cannellini boontjies, gedreineer
1 klein rooirissie, saadjies verwyder, gekap
1 eetlpl balsamasyn
1 eetlpl Worcestersous
1 eier
8 heelgraan tortillas
2 kp coz slaai, in dun repies gesny
Metode
Meng avokadoblokkies, tamatie, ui, 1/4 kp korianderblare, olyfolie en suurlemoensap versigtig saam
Geur liggies met sout en peper
Bedek en plaas in yskas tot nodig
Purée boontjies en meng met maalvleis, rissie, asyn, eier en res van koriander
Geur met sout en peper
Vorm 8 langwerpige “worsies” van ongeveer 12cm lank en 4cm in deursnee
Plaas versigtig op oondplaat en bak teen 180˚C tot bruin, ongeveer 15 minute
Skep salsa op 8 tortillas
Strooi gekapte slaaiblare bo-oor
Plaas gebraaide worsies versigtig bo-op elkeen en vou to