Pages

Thursday, 30 October 2014

Mosterd Piekels/Piccalilli




Mosterd Piekels/Piccalilli
2,5 kg mengsel van blomkool blommetjies, komkommer, groenbone, klein uitjies en murgpanpoentjies. 350 g sout 280 ml witsuiker 1 eetlepel mostertpoeier 8 ml fyn gemmer 2 knoffeltoontjies- fyngedruk 1,4 liter wit asyn 6 eetlepels meel 2 eetlepels borrie METODE: Halveer komkommer in helfte en sny pittjies uit. En sny in blokke. Verwyder stingels van boontjies en murgpampoentjies en sny in stukke. Halveer uitjies. Pak groentes in lae in glasbak. Sprinke...l sout tussen lae. Giet 3,4 liter water oor en laat ´n dag/nag staan. Dreineer en was deeglik af in lopende water. Droog af Meng suiker, mostertpoeier, gemeer en knoffel met 1,1 liter asyn in kastrol. Voeg groentes by en laat opkook. Kook tot groentes gaars maar nog bros is. Meng die meel en borrie met res van asyn en roer by groete mengsel. Laat vir nog 2 minute kook. Skep in gesteriliseerde bottels en verseĆ«l