Pages

Friday, 31 October 2014

Markdag idee - Vingerpoppe



Vingerpoppe


Maak prettige diere-vingerpoppe van vilt. Besoek www.facebook. com/Leefstyl vir die stap-vir-stap-instruksies en vingerpop-idees uit Mark toe! deur Sam Scarborough.
Die produk: Vingerpoppe vanaf R5
Voorbereiding: Twee ure.
Jy het nodig:
’n skêr
verskillende kleure vilt
naald en gare
handwerkgom
stopsel
sneespapier
gekleurde papier
kleurpenne of -kryte
kleefband
Maak só:
1. Sny reghoekige stukke vilt uit wat net effens langer is as jou langste vinger, en breed genoeg om om jou vinger te draai terwyl dit nog effens oorvleuel. Draai die viltstrook styf om jou vinger.
2. Hou die stuk wat oorvleuel in posisie, haal die vilt van jou vinger af (jy kan ’n speld gebruik), en werk dit aan die bopunt en by die oorvleueling met ’n naald en gare vas. Net ’n paar steke is nodig.
3. Knip klein ronde of drie-hoekige ogies en ’n neus uit en stik of plak dit met gom op die vingerpoppe vas. As alternatief kan jy ook klein stekies bo-op mekaar werk vir die neus.
Wenk:
Handwerkgom werk baie goed as jy nie naald-
werk kan doen nie.
Maak ’n vingerpop-gesin:
1. Knip eers die liggaamsvorm uit deur twee stukke vilt te gebruik. Stik hulle aan mekaar vas om ’n slopie vir jou vinger te maak.
2. Knip ’n ronde gesig en hare van verskillende kleure vilt uit en plak dit op die vingerpoppe vas.
3. Trek jou vingerpoppe aan deur klere soos broeke, hemde, dasse, rompe en bo-stukke uit verskillende kleure vilt te sny. Stik of plak dit met gom aan jou vingerpoppe vas.
Maak diere-vingerpoppe:
1. Knip dierevorms uit twee stukke vilt. Stik hulle aan mekaar vas en laat ’n klein opening om die stopsel in te voeg.
2. Stik ’n stuk rek aan die agterkant vas om die pop aan jou vinger vas te maak.
3. Sny gesigte, maanhare, neuse en ore uit verskillende kleure vilt en plak dit op die vingerpoppe vas. Stop die pop op en stik die opening toe.