HEMELSE STEAK 1kg tenderised steak (sny in stukke) Meng meel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel Sny 2 uie in dun skywe Sny 1 bakkie mushrooms in skywe Pak lae om die beurt van vleis, uie en mushrooms in 'n oondvaste bak. Meng: 200ml melk, 250 ml room, 1 eetlepel worcestersous, 1 eetlepel chutney, 1 eetlepel tamatiesous, 1 pakkie wit uie sop. Meng goed en gooi oor vleis in bak. Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe metdeksel. Bak vir 60 - 90 min by 160 grade. (foto geleen by Lekker Resepte)