Pages

Thursday, 4 September 2014

Mieliepap in die oond




Bygereg saam met die naweek se braai

Mieliepap in die oond
Deur: Heleen Meyer

’n Ongelooflike maklike gereg om met wors of braaivleis voor te sit. Ek het ’n soortgelyke gereg by ’n vriendin, Judy Heyns, geëet en toe hierdie weergawe gemaak. Selfs dié wat nie eintlik dink mieliepap behoort saam met braaivleis geëet te word nie, geniet dit.

Bestanddele
360 g (750 ml) growwe mieliemeel
 250 ml (1 k) melk
 500 ml (2 k) water
 60 ml (¼ k)olyfolie
 2 x 410 g-blikke suikermielies
 sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
 ½ klein ui, in dun wiggies gesny
 6-8 knopiesampioene, in dik wiggies gesny
 10-12 takkies vars tiemie

Metode
1. Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n vlak oondvaste bak liggies met olyfolie.
 2. Roer meel, melk, water, olie en suikermielies in oondbak saam en geur na smaak. Roer weer deur.
 3. Strooi ui en sampioene oral oor mengsel, maar moenie weer roer nie. Sprinkel tiemie oral oor.
 4. Bak vir 1 uur of tot meel gaar en gereg goudbruin bo-op is.
Wenk:
 1. Laat ui en sampioene uit en skep ’n dik tamatiesmoor bo-op, sprinkel met ’n bietjie kaas en bak soos beskryf.