MEULETJIEKOEKIES My eie resep en gebak 9 koppies koekmeel 9 teelepels bakpoeier 3 koppies suiker 500 gram margarien 4 eiers 1/4 teelepel sout METODE Stel oond op 180•C,bespuit panne goed Meng margarien en suiker goed saam Klits die eiers een vir een by en meng baie goed Gooi alle ander bestanddele by en maak n stywe deeg Sit deeg in yskas vir 10 minute voordat jy begin met meuletjie of koekiedrukkker vormpies maak Bak vir 10-12 minute of tot ligbruin van kleur J y kan die koekies opmekaar plak met karamel kondensmelk of met versiersuiker soos jy wil