Kaasspekbrood
Genoeg vir 4-6
Bereiding: 10 min.
Baktyd: 40 min.
310 ml (1¼ k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
4 sprietuie, fyngekap
350 g cheddarkaas, gerasper
125 g spek, gekap
4 eiers
sout en peper
10 ml (2 t) soetrissiesous
5 ml (1 t) olie
60 ml (¼ k) karringmelk
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan met olie.
- Sif die meel en bakpoeier in ’n groot bak. Roer die sprietuie, kaas en spek by (moenie die spek gaarmaak nie – dit gee die brood sy geur terwyl dit in die deeg kook).
- Meng die eiers, sout, peper, soetrissiesous, olie en karringmelk in ’n beker of bak. Giet in die meelmengsel en meng goed.
- Plaas die deeg in die bereide broodpan en bak 40 minute of tot ’n vleispen wat in die middel gedruk word, skoon uitkom.
- Laat vyf minute afkoel, draai uit op draadrak en laat heeltemal afkoel.