Pages

Friday, 22 August 2014

Soet tamatie-en-kaas-pasteitjies





Soet tamatie-en-kaas-pasteitjies
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Smeer 8 losboom-bakkies....
KORS Meng 500 g koekmeel, 100 g versiersuiker en 250 g koue botter en ’n hand vol vars gekapte kruie in ’n voedselverwerker tot krummelrig. Voeg 2 eiers deur die tuit by. Meng tot ’n deeg. Verkoel.
Pak vars kruie op ’n plat oppervlak; rol die deeg daaroor uit. Voer die bakkies daarmee uit. Verkoel. Bak blind.
VULSEL Meng 230 g roomkaas en 300 g gerasperde sterk cheddar-en/of gruyèrekaas met 3 eiers. Voeg 125 ml (½ k) gekapte songedroogde tamaties by. Skep in die korse.
Rangskik babatamaties bo-op en bak 20-25 min. tot gaar. (Druk koekies uit orige deeg, draai met kruiekant na bo en bak 7-8 min. tot gaar.)
(HUISGENOOT)