Pages

Wednesday, 27 August 2014

Basiese glutenvrye karringmelkbeskuit




Basiese glutenvrye karringmelkbeskuit

Genoeg vir 14 – 16 stukke

• 330 g (500 ml) glutenvrye bruismeel
• 140 g (375 ml) kekerertjie-meel
• 7,5 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 150 g (160 ml) botter
• 180 g (200 ml) strooisuiker
• 1 eier
• 185 ml karringmelk
• 5 ml koeksoda

Verhit oond tot 160 °C. Plaas twee soorte meel, bakpoeier en sout in groot mengbak. Meng en hou eenkant. Smelt botter en suiker saam in mikrogolfoond – roer tot suiker gesmelt is. Laat effens afkoel tot louwarm en voeg eier en karringmelk by. Meng deur. Voeg koeksoda by en meng. Laat staan tot mengsel skuim en bruis – sowat 2 minute. Gooi by droë bestanddele en meng deur met houtlepel. Skep beslag in ronde koekpan van 25 cm in deursnee of broodpan van 20 x 12 cm wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak 50 – 60 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit. Sny beskuit met riffelrandmes in porsies so groot soos jy verkies. Plaas op afkoelrak en droog sowat 4 uur lank uit in louwarm oond van 60 °C of oornag in louoond.