Pages

Monday, 4 August 2014

All Bran-beskuit met kersies




All Bran-beskuit met kersies
■ 500 g sagte botter (of margarien)
■ 250–375 ml bruinsuiker...
■ 2 eiers
■ 1 kg bruismeel
■ 250 g All Bran-graanvlokkies
■ 15 ml bakpoeier
■ 5 ml sout

■ 250 ml rooi glanskersies, in klein stukkies gesny
■ 500 ml karringmelk of suurmelk
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee groot panne met botter of margarien. Verroom die botter (of margarien) en bruinsuiker saam. Klits die eiers by. Voeg die bruismeel, graanvlokkies, bakpoeier, sout en glanskersies by en maak met die karring- of suurmelk aan tot ’n deeg. Skep in panne en bak sowat 1¼ uur tot deurgaar. Keer uit, laat afkoel tot louwarm, sny of breek in vingers en droog die beskuit oornag of vir ’n paar uur uit teen 70 °C. Lewer 6 dosyn beskuite.