Pages

Tuesday, 10 June 2014

Aartappel-prei-en-speksop




Aartappel-prei-en-speksop

(genoeg vir 6 – 8)
  • 1 pak (250 g) strepiespek (streaky)
  • 15 g (15 ml) botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 400 g baba-preie, in ringe gesny
  • 3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 1,4 liter groenteaftreksel
  • 125 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
Haal 4 repies spek uit die pak en hou res eenkant. Sny spek in blokkies. Smelt botter in ’n pan en voeg spekblokkies, ui en knoffel by. Braai tot spek bruin en ui sag is. Verlaag temperatuur, voeg preie en aartappels by, maak toe met deksel en laat prut 5 minute. voeg aftreksel by en maak toe met deksel. Laat prut sowat 20 minute tot groente sag is. Haal van hitte af en laat effens afkoel. verpulp in voedselverwerker. gooi sop terug in kastrol en voeg room by. geur met sout en peper en verhit tot net voor kookpunt.
Vir bo-op
  • res van die pak spek
  • sowat 30 ml olyfolie
  • 4 middelslag- Mediterreense aartappels
  • 100 ml olyfolie
  • roket-mikrokruie
Verhit oond tot 180 °C. verdeel elke repie spek in drie. Sprinkel 30 ml olyfolie op ’n bakplaat en pak spek bo-op. Oondbraai tot bros. Sny aartappels in skywe met skil en al. Plaas in kastrol met koue water en bring tot kookpunt. Laat kook so 4 minute. Dreineer. verhit 100 ml olie in diep pan en voeg aartappels by. Braai tot goudbruin en bros. Skep sop in bakkies en rangskik spek en aartappelskywe bo-op. Sprinkel mikrokruie bo-op.