250 ml (1 k) Epsom sout 250 ml (1 k) growwe seesout 30 ml (2 e) jojoba-olie ‘n handvol gedroogde laventel
Kombuisgereedskap:
skoon mengbak skeplepel gesteriliseerde glasfles (om mengsel in te skep)
Metode:
1. Meng die Epsom sout, growwe seesout en jojoba-olie saam in ‘n mengbak. 2. Druk die gedroogde laventel fyn en voeg by die mengsel. 3. Roer die mengsel goed deur en skep in die gesteriliseerde glasfles.
Hoe om te gebruik:
Skep ‘n paar lepels laventel badsout in badwater. Opsioneel kan ‘n paar ekstra druppels jojoba-olie by die water gevoeg word.