Pages

Friday 30 May 2014

Appelkoos-en-piesangblokkies




Appelkoos-en-piesangblokkies
Lewer 24 stafies
 Bereiding: 20 minute
 Baktyd: 30-35 minute
KORS
 225 g bruismeel
 10 ml (2 t) bakpoeier
 2 ml (½ t) sout
 50 g sagte margarien
 25 g strooisuiker
 160 ml (²⁄³ k) melk
BOLAAG
 50 g margarien
 50 g sagte bruinsuiker
 45 ml (3 e) gouestroop
 100 g semelbeskuitjies, gekrummel
 10 ml (2 t) suurlemoensap
 2 ryp piesangs, geskil en in skyfies gesny
 1 blik (410 g) appelkooshalwes, gedreineer
 10 ml (2 t) appelkooskonfyt
•Voorverhit die oond tot 180 °C
•Smeer ’n bakplaat van 25 x 16 cm
1.KORS Sif die meel, bakpoeier en sout saam Vryf die margarien in en meng die suiker by. Voeg die melk by en meng tot ’n deeg.
2.Rol ligweg uit tot die grootte van die bakplaat en plaas op die bakplaat.
3.BOLAAG Smelt die margarien, suiker en stroop saam en roer die beskuitjiekrummels by.
4.Smeer die mengsel oor die deeg in die pan.
5.Giet die suurlemoensap oor die piesangskyfies.
6.Rangskik die appelkooshalwes en piesangskyfies op die gemmerkors. Bak 30-35 minute of tot die kors gaar is.
7.Verhit die appelkooskonfyt en smeer oor die appelkose en piesang. Sny in blokkies