Pages

Tuesday 29 April 2014

Blitsige hoenderpasteitjies




Blitsige hoenderpasteitjies

Dié pasteitjies maak jy sommer met ’n klaargaar draaispithoender. Dis heerlik romerig.
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 25-30 minute

VULSEL
15 ml (1 e) olie
15 ml (1 e) botter
2 uie, gekap
250 g gemengde sampioene,
gekap
1 gaar hoender, vel verwyder en
gepluis
375 g roomkaas
60 ml (¼ k) gekapte vars pietersielie en tiemie
sout en vars gemaalde peper
KORS
400 g broskorsdeeg
1 eierwit, geklits
’n bietjie melk, vir borsel
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Spuit 8 tot 10 minibroodpannetjies of diep muffinholtesmet kossproei.
  1. Vulsel Verhit die olie en botter in ’n pan. Roerbraai die uie en sampioene tot gaar.
  2. Roer die hoender, roomkaas en kruie by. Geur met die sout en vars gemaalde peper, skep uit en laat heeltemal afkoel.
  3. Kors Rol die deeg effens dunner uit en voer die pannetjies daarmee uit; hou deeg oor vir die doppies van die pasteie. Prik die kors met ’n vurk en smeer met die eierwit.
  4. Vul elke holte met die vulsel. Sny die oorblywende deeg groot genoeg om oor die pasteitjies te pas en druk vas op elke pasteitjie. Verf liggies met die melk en bak 25 tot 30 minute tot goudbruin en gaar.