Thursday 20 September 2018

Verneuk Sult



Sult / Brawn - Die resep word genoem: “Verneuk Sult” omrede dit aangepas is om soos sult te proe.
Die resep is nou rêrig ‘n randrekker en die blikkie boelie bief word gerek tot waar hy nie meer kan nie! Vinnig en bekostigbaar.
Bestandele:
1 blikkie boeliebief
3 & 1/2 eetlepels gelatien
1 medium ui, gerasper
4 hardgekookte eiers, in skywe gesny
2 eetlepels kerrie of na smaak
2 knoffel huisies skoon gemaak en fyn gedruk
1 teelepel borrie
1½ koppie koue water
Ekstra 1/4 koppie warm water om gelatien mee aan te maak
Meng boeliebief, kerrie, koue water en res van bestandele saam
Laat dit stol in yskas en sny in skywe
Nota: Maak die gelatien laaste aan met warm water. Roer goed deur om op te los en roer dan dadelik in by mengsel. As jy dit voor die tyd aanmaak begin dit stol en is dit taai wanneer jy dit by mengsel wil inroer
Voordat jy dit oorgooi in bak om in yskas te stol, proe eers en maak seker dat dit aan jou smaak voldoen. Is dit sout genoeg, te min of te veel kerrie, of wil jy dit dalk bietjie soeter hê, en so meer
Gee die sult kans om in yskas te set en dien eers op die volgende dag wanneer die bestandele kans gehad het om geure behoorlik te kon vermeng of soos wat in kos kringe gesê word: “met mekaar te gesels”
Pasop om nie ‘n te groot ui in die mengsel in te rasper nie, want die mengsel is nie groot nie en kan veroorsaak dat die ui ‘n te sterk geur het en die smaak van die sult oorheers.
Die resep is iets om te probeer en as jy van ‘n sult gereg hou, sal jy dit geniet.