Thursday 18 May 2017

Outydse Karringmelk Beskuit



Marlene Botha se Outydse Karringmelk Beskuit
Hier is nou genoeg beskuit vir 2 armies.
Ek deel my resep met baie liefde⚘
Ek bak dit al langer as 25 jaar. Die resep is oorspronklik in 'n houtkissie in 'n ossewa gekry. Dit was geskryf met 'n pouveer wat in die ink gedoop was. šŸ˜‰
...
Outydse Karringmelk beskuit:
125ml suiker
2 eiers
500ml karringmelk
1kg Selfraising flour ( 4 x 250ml)
2ml sout
250g bak margarine
Klits eiers en suiker saam tot lig - voeg karringmelk by en meng.
Sif meel en sout saam en vryf margarine in.
Voeg karringmelk mengsel by meelmengsel en meng goed.
Maak ronde balle deel ( omtrent so groot soos 'n eier) en pak teenmekaar in gesmeerde broodpan.
of
Druk die die deeg vas in die nuwe tipe beskuitpanne met die drukker by.
Smeer geklitste eier bo-oor.
Bak by 180°C vir +/- 50 tot 60 min.
Laat afkoel, sny en droog.
Maak 'n lekker koppie boeretroos, en daar gaat jy!
Vir die reuse hoeveelheid wat ek gemaak het, het ek die resep 4x aangemaak.