Friday 7 April 2017

CREMORA TERT MET AARBEIE



CREMORA TERT MET AARBEIE250 g cremora
250 ml kookwater
125 ml suurlemoensap
1 blik kondensmelk
1 pakkie rooi jellie
1 blik vrugte - soos aarbeie
1 pakkie tennisbeskuitjies
METODE:
Meng cremora en kookwater en laat staan vir 3 ure in yskas.
Klits cremora en kookwater vir 15 minute of tot goed styf.
Gooi kondensmelk en suurlemoensap by en klits goed
Pak tennisbeskuitjies wat bietjie in koeldrank gedoop is onder in tertbak.
Gooi cremora mengsel bo op.
As die stroop van die geblikte vrugte nie 250 ml is nie gooi kookwater by, verhit en maak die jellie met die stroop aan.
Laat koel jellie af tot ten minste kamertemperatuur.
Plaas vrugte op tert en gooi jellie met agterkant van lepel bo oor tert.
Sit in yskas en laat stol.
WENK:
Ek maak ook Cremora tert, maar alles, absoluut alles moet yskoud wees.
Sit tot die Cremora poeier oornag in die vrieskas en gebruik yskaswater om te meng.
Kondensmelk ook in die yskas voor dit gemeng word.