Thursday 18 August 2016

BRAAIVLEISMIELIETERT




ANDRÉ VENTER - BRAAIVLEISMIELIETERT
6 tot 8 porsies
840 g (2 x 420 g-blikke) geroomde mielies
4 ekstragroot eiers
60 ml (4 e) botter, gesmelt
60 ml (4 e) suiker
60 ml (4 e) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
Stel oond op 180 °C.
  1. Meng al die bestanddele saam.
  2. Giet mengsel in ronde tertbord of blikbord van 24 cm, wat met kossproei gespuit is.
  3. Bak vir 1 uur of tot ligbruin.
  4. Sit warm of koud voor.