Tuesday 21 June 2016

Heerlike semelbeskuit




Heerlike semelbeskuit
Bros, krakerige beskuit wat nie verkrummel nie. Dit is vol sade wat dit gesond én vullend maak. Dis genoeg vir sowat 100 stukke
Jy benodig:...
500 g margarien
500 ml kookwater
250 ml suiker
4 x 250 ml bruinbroodmeel
4 x 250 ml semels

125 ml sonneblomsaad
125 ml klapper
30 ml bakpoeier
5 ml sout
Metode: Smelt die margarien in 100 ml kookwater. Smelt die suiker in die res van die water. Meng al die droë bestanddele saam en meng dan al die vloeistowwe by. Plaas dit oor in ’n bakplaat. Gebruik ’n eierspaan om dit plat te druk en lyne in die deeg te sny. Bak teen 180 ºC vir 30 minute en dan 160 ºC vir 20 minute. Breek dit in stukkies wanneer dit afgekoel het en droog uit teen 80 ºC vir sowat 3 ure.