Wednesday 24 February 2016

TOEBROODJIESMEER




TOEBROODJIESMEER
 
6 geelwortels
2 groen soetrissies
1 rooi soetrissie
3 uie
1 Engelse komkommer
750 ml wit asyn

750 ml mayonnaise
12,5 ml suiker
sout en peper na smaak

Skraap of skil die geelwortels (ek rasper dit sommer in). Verwyder die soetrissies se pitte en skil die uie af. Kap al die groente baie fyn en plaas dit in 'n vlekvrye staalbak. Giet die asyn oor die groente en laat dit oornag staan. Dreineer die groente goed en druk dit droog. Voeg die mayonnaise, suiker en sout en peper na smaak by die groentemengsel en meng dit goed. Skep in droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Bêre die toebroodjiesmeer in die yskas.