Monday 28 September 2015

Vinnige Tunafrikkadelletjies




Vinnige Tunafrikkadelletjies
Probeer gerus van hierdie resepte as jy nie ure agter die kospotte wil staan nie...

4 porsies
...
olie
1 ui, fyngekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
5 ml (1 t) suurlemoensap
340 g (2 x 170 g-blikkies) tuna, gedreineer
2 snye witbrood, sonder korsies
125 ml (½ k) volroommelk
1 ml knoffelsout
knypie rooipeper

OM IN TE ROL:
2 eiers
125 ml (½ k) koekmeel
olie vir diepvetbraai

Metode:
1. Verhit olie en soteer ui en pietersielie tot ui sag is.
2. Verwyder van hitte en roer suurlemoensap en tuna by.
3. Week brood in melk. Roer broodmengsel by tunamengsel in braaipan en meng.
4. Voeg knoffelsout en rooipeper by.
5. Om in te rol Klits eiers in vlak bakkie.
6. Gooi koekmeel in vlak bakkie.
7. Skep teelepels tunamengsel en rol in geklitste eier en dan in koekmeel.
8. Verhit olie tot goed warm en braai tot goudbruin.
9. Plaas op kombuispapier om van oortollige olie ontslae te raak.
10. Sit saam met skyfies en groen slaai voor.