Monday 28 September 2015

Switserse rol met vlaroom




Switserse rol met vlaroom
BEREIDING 15-20 minute
BAKTYD 20 minute
LEWER 1 rol; 15-20 snye
KOEK...
5 ekstragroot eiers, geskei
200 ml (160 g) suiker
12 ml (2½ t) suurlemoensap of
5 ml (1 t) kremetart, opgelos in 10 ml (2 t) water
120 g koekmeel
knypie sout
AFRONDING
250 ml (1 k) vla
250 ml (1 k) room, geklop
versiersuiker
amandelsplinters, gerooster
Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer die boom van ’n oondpan van 33 x 25cmmet bakpapier uit en sprinkel ’n klein lepeltjie strooisuiker oor die
papier. Moenie die papier smeer nie.
1. Koek Klits die eierwitte tot stywe punte begin vorm. Klits 125 ml (½k) van die suiker en die suurlemoensap of opgeloste kremetart geleidelik by.
2. Klits die eiergele tot dik en liggeel sonderomdie klitser eers te was. Voeg die res van die suiker geleidelik by en klits tot dit opgelos het.
3. Vou die eiergeelmengsel met ’n metaallepel by die geklitste eierwitmengsel in.
4. Sif die meel en sout drie keer saam. Sif dan die meelmengsel laag vir laag oor die eiermengsel en vou elke laag met ’n spatel in. Herhaal tot al die meel ingevou is, maar moenie te veel meng nie, anders sal die lug ontsnap en die koek te dig word.
5. Skep die beslag op die bakplaat. Kap die plaat liggiesomvan lugborrels ontslae te raak. Bak 15-20 minute of tot goudbruin.
6. Besprinkel ’n groot vel waspapier of ’n klamafdroogdoek met strooisuiker. Keer die koek op die waspapier of doek uit. Gebruik die papier of doekomdie koek versigtig op te rol. Laat afkoel.
7. Afronding Vou die vla by die geklopte room in. Rol die afgekoelde koek af, smeer die roommengsel op en rol weer op.
8. Stuif met die versiersuiker en versier met die amandelsplinters.