Wednesday 30 September 2015

Halloumi kaas slaai




Halloumi kaas slaai:
Sny die blok Halloumi kaas in repies of skywe van so 1.5 cm dik, braai die kaas repies
in olyfolie of botter tot goudbruin. Maak ‘n sousie van fyn gekapte capers, so 2
eetleples capers, bietjie wit wyn asyn, 1 eetlepel behoort reg te wees, die sap van
1 uitgedrukte vars lemmetjie, 1 fyn gekapte knoffelhuisie, 2 eetlepels vars gekapte...
koljander, 1 teelepel “wholegrain” mosterd, so 4 eetlepels olyfolie. Rangskik die
gebraaide Halloumi kaas op ‘n verskeidenheid groen slaai blare, kersie tamaties en
rooi uie ringe, drizzle die sous oor die slaaitjie.