Wednesday 16 September 2015

Aero-koek




Aero-koek

Lewer 1 laagkoek
Bereiding: 20 minute
Baktyd: 40-60 minute...

Koek
4 eiers, geskei
250 ml (1 k) strooisuiker
125 ml (½ k) kookwater
125 ml (½ k) olie
15 ml (1 e) bakpoeier
250 ml (1 k) koekmeel
7 ml (1½ t) kitskoffiekorrels
30 ml (2 e) kakao
5 ml (1 t) karamelgeursel
Versiersel
100 g aerosjokolade, in stukkies gebreek
125 ml (½ k) vars room, styf geklits
ekstra aerosjokolade vir afronding

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-koekpan.

Koek Klits die eiergele en suiker saam tot lig en dik. Voeg die kookwater en olie by en klits
goed.
Klits die eierwitte styf, vou 5 ml (1 t) van die bakpoeier in en hou eenkant.
Sif die koekmeel, origebakpoeier,koffiekorrels en kakao saam. Voeg by die eiergeelmengsel en vou in.
Vou die styfgeklitste eierwit by die eiergeelmengsel in. Voeg die geursel by en skep in die voorbereide koekpan.
Bak 40-60 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat die koek effens in die pan afkoel, keer uit en laat heeltemal afkoel op ’n draadrak. Verdeel in drie lae.
Versiersel Smelt die sjokolade in ’n glasbak by hoog in die mikrogolfoond of oor kookwater terwyl jy gereeld roer. Vou die room daarby in.
Smeer die versiersel oor elk van die koeklae en stapel die koeklae op mekaar. Krummel die ekstra Aerosjokoladestukkies bo-op