Thursday 30 July 2015

Filetslaai



Filetslaai
1x heel beesfilet
1x bruin sampioene
350g mozzarella-kaas
Sous
1x koppie Old Brown-sjerrie
1 koppie balsamiese asyn
½ koppie olie
½ koppie olyfolie
100ml “miracle whip” mayonnaise
2 teelepels heelkorrel-mosterd
5ml mosterd en peper
¾ koppie vars tiemie, fyngekap
¾ koppie vars pietersielie, fyngekap
¾ koppie sprietuie, fyngekap
15ml bruinsuiker
10 ml knoffel
Meng alles saam en voeg by kruie. Bak filet in oond tot medium by 180°. Sny sampioene in skyfies. Sny mozzarella-kaas in vingers. Sny filet in skyfies en pak saam met mozzarella, sampioene in slaaibord en giet sous oor.
Let wel, hierdie moet minstens een dag in die yskas staan voordat jy dit bedien!