Thursday 19 February 2015

Braaivleis Mielietert





Braaivleis Mielietert
Bestanddele:...
2 blikke suikermielies (roomsoort)
60 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
60 ml suiker
4 eiers

30 ml gesmelte botter/margarien
Metode:
Meng droë bestanddele saam. Voeg die res van bestanddele by en meng deur.
Gooi mengsel in 'n gesmeerde vuurvaste oondbak en bak vir 1 uur of tot goudbruin teen 180°C.