Monday 19 May 2014

Rösti met salm en aartappels in ’n kits





Rösti met salm en aartappels in ’n kits

Dié resep is deur Philips ontwikkel vir die AirFryer. Jy kan dit ook gewoonweg in ’n pan met olie braai.

Genoeg vir ’n versnapering vir vier mense.
Tyd: 10 minute om te berei, 15 minute in die AirFryer

Jy benodig:
250 g aartappels, geskil en gewas
1 e fyngekapte grasuie
sout en varsgemaalde swartpeper
1 e olyfolie
2 e suurroom
100 g gerookte salm

Maak só:
) Voorverhit die AirFryer tot 180 °C.
) Rasper die aartappels in ’n groot mengbak.
) Voeg amper al die grasuie by (hou ’n kwart eenkant vir garnering) en geur met sout en peper na smaak. Meng goed.
) Smeer ’n pizzapan met olyfolie en druk die gerasperde aartappels in die pan vas. Bestryk die bokant van die aartappels met olyfolie.
) Plaas die pizzapan in die AirFryer se mandjie en glip dit in die AirFryer.
Stel die tyd vir 15 minute en braai die rösti tot bruin buite en gaar binne.
) Sny die rösti in kwarte en plaas elkeen op ’n bord. Garneer met ’n teelepel suurroom en ’n stukkie salm. Sprinkel die res van die grasuie oor.
Bylae - Leefstyl