Friday 26 August 2011

Yesterday, Today and Tomorrow / Verbleikblom (Brunfelsia Pauciflora)

Hierdie struik of klein boompie hou van vol son of gedeeltelike skadu en sal jou gedurende lente en somer beloon met tonne blomme in skakerings van lipers tot wit.  Jy sal heel seisoen blommetjies in al hierdie skakerings aan die boompie hê.  Hulle ruik ook heerlik. 

Jy kan hul vermeerder deur steggies te maak van nuwe groei gedurente lente.  Daar slaan dikwels klein plantjies op onder die boompie, maar ek het gevind dis nogal moeilik om hulle uit te haal en te kweek as nuwe plantjies.