Wednesday 1 June 2011

Hoe om jou eie potgrond te maak

Hier is 'n maklike manier om jou eie potgrond te maak. - Marianne Alexander

4 dele grond van 'n molshoop
2 dele gesifte kompos
2 dele growwe reviersand  (Nie bousand nie)
1 deel ou kraalmis
Voeg by elke vyf liter emmer 'n hand vol hoef-en-horing en beenbeel en 'n eetlepel superfosfaat.

Jy kan waterhoudende kristalle byvoeg.
Vir Suurliewende plante kan jy een derde van 'n vyf liter emmer suuragtige medium by voeg. (bv. dennebasplinterss, wattel- of eikeblaarmolm)