Thursday 26 May 2011

TUISGEMAAKTE GESIGVERF


Petra het hierdie gesigverf-resep vir ons gegee:

1 teelepel koekmeel
halwe teelepel lyfroom
Meng bogeoemde goed saam.

1-5 druppels koek-kleursel
1 teelepel water

Voeg bogenoemde 2 saam met die 1ste 2 bestandele en meng alles baie goed.

Siedaar !
Tuisgemaakte en onskadelike gesigverf!
Gebruik 'n sponsie of kwassie vir die aanwend / teken op die gesiggies.